Warning: Invalid argument supplied for foreach() in /home2/scffco/public_html/components/com_flexicontent/helpers/route.php on line 102
Andre se bielie karp
Sunday, 05 September 2010
Andre se bielie karp
Written by Herman Pienaar   
What a day!


André en sy bielie Karp

Ek was die naweek van die 1-4 April weer op die Gariep ( Oranje Rivier ) met 'n groep kinders. Die vorige Donderdag 31 Maart was daar 'n hewige reën storm net aan die bo kant van waar ons begin roei het, die water was die Vrydag nog baie modderig en het redelik sterk gevloei.

Ek het nie veel hoop gehad om baie vis met die vlieg stok te vang nie, want die water was volgens my te modderig en te vuil. Ek het Vrydag en Saterdag oral waar ons gestop het met my gewone stokkie en deeg as aas gevang met goeie resultate, die vis was oral en honger.

Saterdag aand het die water weer 'n beter kleur begin kry en die stroom was ook nie meer so sterk nie, en ek het weer die vlieg stok uit gehaal. Dit het dadelik beter gegaan en ek het 'n klomp klein geletjies gevang met hoofsaaklik nimfies en enige vliegie met 'n blink koppie of iets met vlerkies.

Sondag oggend word ek wakker met een van die besonderse son opkomste wat mens net langs die Gariep kan ervaar, die vis was baie bedrywig en daar was oral reuse "rises" wat mens se mond droog laat.

Die Mayflies was in die derduisende om en in die water en ek het dadelik met droë vlieë begin lyn gooi, maar sonder sukses.

Ek het maar weer na die ou beproefde metode terug geval van koper koppie nimfies en op 'n rots in die stroom gestaan en net die lyn stroom op 'ge-rollcast' en laat terug dryf met 'n 'strike indicator' aan.

Die 'leader' was 5,5 kg en 'tippet' 2,2 kg ongeveer 10 voet lank, en die strike indicator was op die punt van die vlieglyn en dus het die nimfie redelik diep gesleep.
Ek glo nie dat ek langer as 10 minute daar gestaan het ,toe die KARP van alle dinge,die nimfie opgetel het nie, nodeloos om te sê ek het die fight van my dag gehad en ek het ook geweet daar is 'n windknoop in die tippet.

Na ongeveer 15 tot 20 minute is die vis met hulp van een van die omstanders stokflou uit die water gehaal en kon ek die foto's neem en die vis weer loslaat,
Die vis het ongeveer 5 - 5.5 kg geweeg.

My stok is 'n 6 gewig Guide Series met 'n XPLA 5-7 katrol. Wat vir my lekker werk op die rivier is dat die stok n' drie-stuk is en maklik op die boot verpak kan word indien ek moet roei, en bang is die punt steek êrens in die riete vas.

As mens die voorste seksie uittrek is die stok kort genoeg om op die boot te lê sonder om in die pad te wees. Jy het maklike toegang tot die stok en kan in sekondes weer gereed wees om te gooi.

Wat ek weer geleer het, is dat mens nooit moet dink jy weet waar die vis moet wees nie, die vis is oral, probeer altyd alle plekke rondom jou en verander die taktiek gereeld indien jy nie met een of ander metode reg kom nie.


 
Find us on Facebook